Wise Roots Publishers
Begin Bundel: Boek 0 & 1
Begin Bundel: Boek 0 & 1
Couldn't load pickup availability
Share
Leer letters en klanke op ’n speelse manier deur stories, karakters en rympies. Perfek vir kinders 4–7 jaar.
Welkom in Alfabetlaan.
Hierdie unieke Afrikaanse leesreeks neem jou kind op ’n rustige, storiegedrewe reis deur letters, klanke en vroeë leesvaardighede saam met Attie Akkedis en sy dierevriende. Met elke les ontmoet jou kind nuwe karakters, ontdek nuwe klanke en bou stap vir stap selfvertroue in lees.
Alfabetlaan is meer as net ’n alfabetboek. Die reeks fokus op letterherkenning, klankbewustheid, taalontwikkeling en die bou van ’n sterk leesgrondslag op ’n speelse manier.
Boek 0 stel kinders bekend aan die alfabet deur stories, rympies en karakterkaartjies, terwyl Boek 1 voortbou op daardie grondslag en kinders lei na eenvoudige, selfstandige lees deur ’n duidelike en herhaalbare metode.
Saam met die bekende dierekarakters leer kinders om:
- Letters en klanke te herken
- Klanke te onthou en saam te voeg
- Eenvoudige woorde te lees
- Basiese sinne te verstaan
- Met selfvertroue te begin lees
Wat is ingesluit:
- Volledige PDF leesboeke
- 26 alfabet stories (Boek 0)
- Ouerhandleiding (Boek 1)
- Dierekarakter-kaartjies
- Liedjie- en gediggiekaartjies
- Alfabetliedjies in MP4 formaat
- Druk-en-gebruik materiaal
Hoe om dit te gebruik:
Lees die stories saam met jou kind, gebruik die karakterkaartjies om klanke te herhaal en volg die eenvoudige stap-vir-stap metode. Werk rustig en herhaal gereeld. Die doel is nie spoed nie, maar begrip, genot en selfvertroue.
Ouderdom:
4–7 jaar
Produk tipe:
PDF aflaaibare produk (geen fisiese boek word gestuur nie)
Leer jou kind om stap vir stap, met liefde en selfvertroue te lees.
