Wise Roots Publishers
Alfabetlaan Boek 1 | Leesboek en Ouerhandleiding (PDF)
Alfabetlaan Boek 1 | Leesboek en Ouerhandleiding (PDF)
Couldn't load pickup availability
Share
Leer jou kind om self te lees, stap vir stap en met selfvertroue.
Alfabetlaan Boek 1 bou voort op die grondslag van letters en klanke en lei kinders verder na eenvoudige, selfstandige lees. Hierdie boek werk met ’n duidelike, herhaalbare metode wat dit vir ouers maklik maak om hul kinders tuis te leer lees.
Saam met bekende dierekarakters leer kinders om klanke te herken, saam te voeg en uiteindelik woorde en sinne te lees.
Hierdie produk sluit ook ’n ouerhandleiding in wat presies wys hoe om die boek te gebruik, sodat jy met sekerheid en rustigheid kan onderrig.
Wat is ingesluit:
- Leesboek (PDF)
- Ouerhandleiding
- Dierekarakter-kaartjies
- Liedjie- en gediggiekaartjies
- Druk-en-gebruik materiaal
Wat jou kind gaan leer:
- Klanke herken en onthou
- Klanke saamvoeg (blending)
- Eenvoudige woorde lees
- Basiese sinne verstaan
Hoe om dit te gebruik:
Gebruik die ouerhandleiding as jou gids. Werk stadig en herhaal gereeld. Die doel is nie spoed nie, maar begrip en selfvertroue.
Ouderdom:
5 – 7 jaar
Produk tipe:
PDF aflaaibare produk (geen fisiese boek word gestuur nie)
