Wise Roots Publishers
Grondslag Bundel: Boek 1 & 2
Grondslag Bundel: Boek 1 & 2
Couldn't load pickup availability
Share
Help jou kind om stap vir stap en met selfvertroue Afrikaans te lees.
Die Grondslag Bundel kombineer Alfabetlaan Boek 1 en Boek 2 om kinders te help groei van eenvoudige vroeë lees tot meer vloeiende, selfstandige leesvaardighede. Met ’n duidelike, herhaalbare metode leer kinders om klanke te herken, saam te voeg en uiteindelik langer woorde en stories met begrip te lees.
Boek 2 bou natuurlik voort op die grondslag wat in Boek 1 gelê word en help kinders om nuwe klanke, langer woorde en meer gevorderde leespatrone met groter gemak te bemeester.
Saam met geliefde dierekarakters, liedjies, gediggies en visuele hulpmiddels word lees op ’n prettige en verstaanbare manier aangeleer wat maklik tuis gebruik kan word.
Hierdie bundel help kinders om ’n sterk leesgrondslag te bou deur te fokus op klankherkenning, samevoeging, woordbou, twee- en drieklanke, en meer vloeiende lees.
Wat is ingesluit:
• Alfabetlaan Boek 1 (PDF)
• Alfabetlaan Boek 2 (PDF)
• Ouerhandleiding vir Boek 1
• Dierekarakter-kaartjies
• Liedjie- en gediggiekaartjies
• Boek 1 Liedjies (MP4-formaat)
• Druk-en-gebruik materiaal
Wat jou kind gaan leer:
• Klanke herken en onthou
• Klanksamevoeging
• Eenvoudige woorde en sinne lees
• Lang vokale herken
• Twee- en drieklanke lees
• Lettergrepe
• Meer vloeiende leesvaardighede ontwikkel
Hoe om dit te gebruik:
Werk stadig en sistematies deur die boeke. Gebruik herhaling gereeld en gebruik die kaartjies en liedjies (in boek 1) om begrip te versterk. Die doel is nie spoed nie, maar om lees met begrip, gemak en selfvertroue te ontwikkel.
Ouderdom:
5 – 8 jaar
Produk tipe:
PDF aflaaibare produk (geen fisiese boek word gestuur nie)
