Skip to product information
1 of 29

Wise Roots Publishers

Volledige Reeks Bundel: Boek 0–3

Volledige Reeks Bundel: Boek 0–3

Regular price R 880.00
Regular price Sale price R 880.00
Sale Sold out
Taxes included. Shipping calculated at checkout.
Quantity

Bou ’n sterk grondslag vir Afrikaans lees — van eerste letters tot vlot, selfstandige lees.

Die Volledige Reeks Bundel bevat Alfabetlaan Boek 0, 1, 2 en 3 en neem kinders stap vir stap deur die volledige vroeë leesproses. Hierdie reeks is ontwerp om kinders op ’n natuurlike, prettige en gestruktureerde manier te help groei van letter- en klankherkenning tot meer gevorderde leesvaardighede en leesbegrip.

Met ’n duidelike, herhaal metode, geliefde dierekarakters, liedjies, gediggies en visuele hulpmiddels word lees op ’n verstaanbare en kindervriendelike manier aangeleer wat maklik tuis gebruik kan word.

Die reeks begin met die bekendstelling van letters en klanke in Boek 0, bou verder na eenvoudige woord- en sinslees in Boek 1, ontwikkel twee- en drieklanke in Boek 2, en lei uiteindelik na meer gevorderde klanke, taalreëls en vlot lees in Boek 3.

Hierdie bundel help kinders om lees met begrip, gemak en selfvertroue te ontwikkel.

Wat is ingesluit:

• Alfabetlaan Boek 0 (PDF)
• Alfabetlaan Boek 1 (PDF)
• Alfabetlaan Boek 2 (PDF)
• Alfabetlaan Boek 3 (PDF)
• Ouerhandleiding vir Boek 1
• Dierekarakter-kaartjies
• Liedjie- en gediggiekaartjies
• Alfabetliedjies in MP4-formaat
• Druk-en-gebruik materiaal

Wat jou kind gaan leer:

• Letters en klanke herken en onthou
• Klanksamevoeging 
• Eenvoudige woorde en sinne lees
• Lang vokale
• Twee- en drieklanke
• Lettergrepe
• Klanke met diakritiese tekens
• -tjie en -djie klanke
• Nasale klanke
• Basiese taalreëls en leestekens
• Meer akkurate en vloeiende leesvaardighede
• Langer stories met begrip lees

Hoe om dit te gebruik:
Werk rustig en sistematies deur die reeks. Hersien vorige klanke gereeld en gebruik die kaartjies, liedjies en stories om begrip te versterk. Die doel is nie spoed nie, maar sterk leesbegrip en selfstandige lees met selfvertroue.

Ouderdom:
4 – 9 jaar

Produk tipe:
PDF aflaaibare produk (geen fisiese boek word gestuur nie)

View full details